Pryor se vriendin Kylah Beeslaar sê sy gaan hul ongebore seun Leham na hom vernoem.
“Alhoewel Armandt nie meer met ons is nie, gaan ’n bietjie van hom voortleef in sy seun. Dit is hoekom ek besluit het om hom Leham Armandt te noem.”
Pryor is Sondag dood toe hy met sy motorfiets teen ‘n motor in Gloverlaan in Lyttelton gebots het. Hy was op pad na sy ouer broer Tiaan se huis, waar Beeslaar vir hom gewag het. Die ongeluk het skaars ’n straatblok van sy broer se huis af gebeur.