Update
STILBAAI NUUS - Emosies het hoog geloop toe die lewelose liggaam van die 17-jarige Stefan Marais om ongeveer 12:58 deur die polisieduikers aan wal gebring is.
Hy is om 12:30 deur Kobus Crous, eienaar van Mossel Bay Helicopters wat met die soektog gehelp het, vanuit sy helikopter opgemerk.
Crous het aan Nickey le Roux van die Mosselbaai Advertiser gesê dat Stefan se pa, Pine saam met hom in die helikopter was toe hulle sowat 300 meter van die monding iets in die rivier gewaar het.
“By nadere ondersoek het dit geblyk dat dit die liggaam van jong Stefan was.
"Ek het die polisie-eenhede ontbied, wat sy liggaam herwin het,” het hy aan Le Roux gesê.
‘n Groot groep inwoners, vriende, kennisse en kinders het voor Lapskuit saamgetrek waar Stefan se liggaam in die Forensiese Patalogiese Dienste se voertuig gelaai is.
Jaco Pretorius van die Forensiese Patalogiese Dienste vertrek met Stefan Marais se liggaam.
Lees meer op ons susterkoerant, Suid-Kaap Forum
Lees verwante artikels:
- Vermiste seun nog nie opgespoor nie
- Stefan Marais is nog nie gevind nie
- Vermiste seun nog nie gevind
- Opvolg: Vermiste seun
- Stilbaai: Seun vermis
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'