NASIONALE NUUS - Die tyd vir die Karoo-lus-Fees op Graaff-Reinet het uiteindelik aangebreek.
‘n Vol program wag op feesgangers vir die naweek van 29 en 30 September.
Die hoogtepunt sal wees wanneer die talentvolle Refentse, ADAM, Mwah, Richard Stirton en Robbie Wessels Vrydag hul plek agter die mikrofoon inneem, terwyl jy Saterdag lekker kan skoffel as Franja du Plessis, Corlea, 4Werke en Dr Victor & the Rasta Rebels optree.
Wat die stalletjies betref, sal daar iets wees vir elkeen se smaak en om die hongerpyne te stil, ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies.
Op die program is ook ‘n vertonings deur Buster en San-Marie, die Kaapse Affodille en Elzabeth, helikopter ritte, die gewilde Koekedoortjies kompetisie, pretritte vir die kleinspan, die Windpomp Run, die Koedoeskloof bergfietwedren en die Wilde Woeste Wedloop onder andere.
Die koste van Vrydag en Saterdag se toegangskaartjies per dag beloop R70 per volwassene, R40 vir kinders onder 12 en kinders onder drie kan gratis ingaan. Naweek kaartjies vir volwassenes beloop R130 en vir kinder sonder 12 R70 elk.
'Ons bring jou die nuutste Karoo, Hessequa, Tuinroete nuus'