Hierna het hulle Gavin Davenport glo met vuurwapens aangehou, van sy besittings beroof, hom aangerand en hom in ’n verlate gedeelte van New Brighton agtergelaat.
“Ek sal die polisie nooit weer kan vertrou nie,” het Davenport, die bestuurder van ’n bekende kruidenierskettingwinkel in Kaapweg, gesê.
Hy het ná werk huis toe gestap toe die vier mans langs hom stilhou.
“Hulle het my gevra of ek dwelms verkoop. Ek het nee gesê, maar [hulle] het nogtans gesê ek moet in die motor klim. Toe ek vir hul amptelike identifikasiekaarte vra, het hulle my by die motor ingedruk.”