Venter is Donderdagmiddag na die Shoprite by die Kwaggassentrum in die weste van Pretoria om sy weeklikse inkopies te doen.
Hierdie keer het die sentrumbestuurder hom vergesel.
“Ek is weer by die deur voorgekeer en die sekuriteitswagte het geweier dat Ogzi saam met my die winkel binnegaan. Ek het aan hulle verduidelik dat ek blind is, maar hulle wou nie luister nie.”
Die wagte is sonder verwyl oor die vingers getik.