OUDTSHOORN NUUS - Die cliviatuin van Hendrik en Susan Schoeman op hulle plaas by Volmoed, is vanjaar weer 'n skouspel.
Meer as 4000 clivias blom jaarliks en die Schoemans stel elke lente hulle tuin vir be-soekers oop.
Vanjaar se skouspel kan vanaf hierdie week vir die volgende ongeveer drie weke besoek word.
Toegang is gratis, maar besoekers moet net vooraf met Hendrik of Susan bevestig dat hulle die tuin wil besoek. Skakel hulle by 084 258 9807 om te bevestig en ook vir aanwysings om by die plaas te kom.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'