Julius Malema, EFF-leier, is Dinsdag luidkeels deur honderde inwoners van die Kroondal-informele nedersetting by Rustenburg toegejuig toe hy dit op ’n gemeenskapsvergadering gesê het.
Malema en die EFF-topleiers is die hele week in die gebied, wat Marikana insluit, om voorbrand te maak vir die party se amptelike viering van sy tweede bestaansjaar Saterdag in die Olympia Park-stadion in Rustenburg.