OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die moordverhoor van Preston Titus het vandag in die rondgaande hooggeregshof in Oudtshoorn begin.
Titus is in die nag van 1 Desember 2017 in sy slaapkamer in die weermagbasis op Oudtshoorn vermoor.
Die staatsaanklaer het die verrigtinge begin deur die twee klagtes waarop die vier beskuldigdes - Magdalena Titus (Preston se vrou), Natasha Stuurman, Masithembe January en Justice Mooi - te reg staan aan die hof voor te lees.
Volgens die klagstaat, staan hulle tereg op 'n klag van moord en 'n klag van verberging om te verhoed dat verdagtes geïdentifiseer sou word.
Die beskuldigdes het deur monde van hul regsverteenwoordigers aangedui dat hulle al vier onskuldig pleit op die klagtes teen hulle en dat hulle op die stadium van hul swygreg gebruik gaan maak.
Daarna is die beskuldigdes saam met hul regsverteenwoordigers, die regter en die staatsaanklaer na die woning waar Preston se liggaam gekry is.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroet, Karoo, Hessequa nuus'