Video
NASIONALE NUUS EN VIDEOS - Verskeie paaie is steeds weens vloede in Oudtshoorn gesluit. Meiringspoort bly gesluit, en motoriste word gevra om eerder van Aberdeen na Willowmore terug na Beaufort-Wes as 'n alternatiewe roete gebruik te maak.
Die pad tussen Barrydale en Ladismith is ook gesluit.
In die dorp, Oudtshoorn, is laagwaterbruggies ook besig om te oorstroom. Victoria- en Van der Rietstraat is reeds oorstroom en is al gesluit. Inwoners word gevra om nie oor die laagwaterbruggies te ry nie en eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak.
VERSKAFDE VIDEO: 'n Inwoner, Sonica Lareman, het vanoggend die video van die bruggie in Victoriastraat geneem.
VERSKAFDE VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’