Breaking News
HEIDELBERG NUUS - Hessequa, en meer spesifiek Riversdal, rou oor die tragiese dood van vyf van sy jongmense wat Maandagoggend net buite Heidelberg op die N2 in 'n kop-aan-kop-botsing dood is.
Vier van die oorledenes is van Riversdal en een van Albertinia. Die Riversdallers is Errin Hendricks (18), Roxanne Alberts (24), Jaylin Prins (20) en Leeroy Willemse (34), terwyl Taslin Koert (18) van Albertinia afkomstig was.
Hulle was almal inisttendes in die Mazda wat glo in digte mis teen 'n Haval-motorvoertuig in 'n botsing betrokke was. Twee passassiers in albei voertuie het die ongeluk oorleef.
Lees meer aanlyn by susterspublikasie, Suid-Kaap Forum
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’