NASIONALE NUUS - Ses passasiers van onderskeidelik twee busse is vroeg vanoggend dood ná die busse waarin hulle gereis het, in 'n botsing op die N2 by Mosselbaai betrokke was.
Die ongeluk tussen ‘n Williams- en ‘n Interkaapbus het langs die N2 Industriële Park op die N2-gedeelte tussen die Danabaai-afrit en Langeberg Mall plaasgevind.
Sersant Chris Spies, woordvoerder van die polisie het die dodetal bevestig en gesê dat die KwaNonqaba-polisie kort na die botsing op die toneel was. Volgens Spies het die ses oorledenes met aankoms van die nooddienste nog geleef maar het later op die toneel aan hul beserings beswyk.
Beide busbestuurders het in die botsing omgekom. Nawat verneem word is ongeveer 25 van die passasiers vir behandeling van hul beserings na hospitale vervoer.
Die ongeluk het vanoggend, 13 Mei ongeveer 01:30 plaasgevind. Meer as 100 passasiers was op die twee busse.
Lees meer op susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’