KANNALAND NUUS - 'n Groot gees in die kos- en restaurantbedryf, Peter Veldsman, is op die ouderdom van 82 oorlede.
Hy was ook Sarie se kosredakteur Veldsman was 'n topsjef en skrywer en 'n seun van Ladismith.
Hy het 14 internasionale kwalifikasies insluitend die Diplôme de L'Ecole du Moulin van Roger Vergé en is in 1988 met 'n ere-Cordon Bleu toegeken. Hy was ook die skrywer van verskeie kookboeke waaronder Eet saam met Leipoldt, Tafelberg, 1980, South African Seafood Banquet, Struik, 1987, The South African Fish and Seafood Cookbook (First published as S.A. Seafood Banquet), Struik, 1992 en Snacks, Human & Rousseau, 1990.
Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, het Dinsdag 16 April in 'n verklaring gesê sy betreur sy afsterwe.
“Peter Veldsman was 'n seun van Ladismith en Kannaland wat wyd gestudeer en gereis het, maar nooit sy wortels vergeet het nie. Hy het sy kennis van tradisie, voortgebring deur sy ouma, ma en tantes, gekombineer met die beste en nuutste wat die kookwêreld kon bied. Hy was by die nexus waar kos, kultuur en taal ontmoet het. Vanaf 1975 het sy bydraes tot Afrikaanse kookterme as tydskrifkosredakteur en radio-aanbieder ’n onuitwisbare indruk op generasies van lesers en luisteraars gelaat.”
Marais het gesê sy is "diep hartseer oor sy heengaan en stuur my innige meegevoel aan sy familie en geliefdes gedurende hierdie moeilike tyd,” het Minister Marais afgesluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’