OUDTSHOORN NUUS - Danksy die vinnige optrede van die polisie is sewe mense in hegtenis geneem na die moord op 'n 19-jarige man die afgelope naweek.
Anthony Wessels is voor sy huis is Rose Valley in die nuwe uitbreiding doodgesteek.
Volgens sy ma, Natasha Wessels, weet sy nie wat Saterdagaand gebeur het nie, maar weet sy dat haar jongste seun, Diego, om hulp geroep het buite die huis.
Anthony, of Tommie soos hy in die gemeenskap bekendgestaan het, het uitgehardloop om sy broer te help en is, volgens sy ma, deur die groep mans aangeval.
"Hy moes homself teen 'n hele groep mense verdedig. Dit is mos nie reg nie," het sy gesê.
Volgens haar is sy bly dat die polisie vinnig kon optree om die verdagtes in hegtenis te neem.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’