NASIONALE NUUS - AfriForum doen ’n beroep op ouers, skole en onderwysers om groter klem te plaas op die bewusmaking van boeliegedrag en die gevolge daarvan ten einde dié tipe gedrag stop te sit.
Dit volg ná dit aan die lig gekom het dat Wes-Kaapse skole gebuk gaan onder boeliegedrag, waarvan die skokvideo’s reg oor die land versprei word.
Boeliegedrag het ’n diepgaande negatiewe impak op kinders se emosionele en fisieke welstand. Dit lei gewoonlik tot angs, depressie en selfs gedagtes oor selfdood.
Dit is noodsaaklik dat skole ’n veilige leeromgewing vir alle leerders moet skep waar leerders gerespekteer en beskerm word.
AfriForum se teenboelieveldtogspan reis landwyd na skole om bewusmaking oor boeliegedrag en die gevolge daarvan te skep deur middel van opvoedkundige sessies, hulpmiddels en praktiese strategieë wat leerders en onderwysers sal help om boeliegedrag te stop.
“Ons moedig skole en ouers aan om proaktief op te tree, boeliegedrag te herken en toepaslike stappe te neem om dit stop te sit. Dit is ook belangrik dat ouers en onderwysers bewus is van die gevare van kuberboeliery en hoe om leerders daarteen te beskerm,” sê Tania Scheepers, AfriForum se koördineerder vir Onderwys in die noordstreek.
Vir meer inligting kan AfriForum se gratis boeliegidse hier afegelaai word:
Skole wat ondersteuning en leiding benodig om boeliery effektief te bekamp, kan enige tyd na AfriForum se teenboeliespan uitreik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’