‘n Bron na aan die familie, wat anoniem wil bly, sê die sanger het Woensdag simptome van ‘n beroerte getoon – naarheid, kopseer en disorientering – waarna hy onmiddellik hospitaal toe geneem is.
“‘n CT-skandering het bepaal dat hy nie ‘n beroerte gehad het nie, maar dat ‘n melanoom, wat tydens ‘n ondersoek direk na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees ondek is, na sy brein versprei het,” het die bron gesê.
“Alhoewel die kanker gevorderd is, probeer ons almal positief bly.”