Jackson, bekend vir sy Bles Bridges-vertolkings, is Sondag in die hospitaal opgeneem nadat hy verlede Vrydag ‘n angsaanval by ‘n vertoning in Witbank gekry het.
“Ek het besef iets is fout, want ek word al die afgelope ruk deur angsaanvalle geteister. My stresvlakke is ook baie hoog,” het hy Vrydag uit sy hospitaalbed vertel.
“Ek het in ‘n stadium nege vertonings per week gedoen en daar is ‘n wit kol op my stembande ontdek. Ek het besef ek moet ‘n bietjie afskaal.”