MOTORING NUUS - Daar moet nou daadwerklik gekyk moet hoe die totstandkoming van 'n versnelrenbaan vir George 'n realiteit kan word.
Die "petrolkoppe" en ander motorsportgeesdriftiges sal bly wees om te hoor dat 'n vergadering hieroor eerskomende Saterdag by George se skougronde beplan word.
Aanhangers van die sport gaan probeer om meer handtekeninge op 'n petisie te kry om te vra vir die bou van 'n versnelrenbaan in George.
Tydens die middag sal 'n spoggerige "Show And Shine" ook aangebied word waar blink en gemodifiseerde motors vertoon sal word.
Die vergadering en uitstalling begin vanaf 14:00 en motors sal tot tot ongeveer 17:00 besigtig kan word.
Versnelrenne is groot nuus elders in die land. Veilig en wettig is wat die plaaslike geesdriftiges graag wil hê.
Kom ondersteun asseblief die saak om versnelrenne in George veilig en wettig te maak.
Vir verdere navrae, skakel Janis Parker by 044 887 0464 of 071 187 1132.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'