RIVERSDAL MOTORNUUS - By Route le Grange in Riversdal se Décar Junction kry afgeleefde motors en motorwrakke nuwe lewe. Hierdie sonderlinge motormeubels lyk soos iets uit 'n ander wêreld, maar word plaaslik vervaardig en ontwerp.
Décar Junction ontwerp onder andere lessenaars en items vir fokuspunte in tuine uit ou motors.
Wanneer jy nie meer 'n nut vir jou ou wiele het nie, blaas Christo en Amaria le Grange en hulle Décar Junction-span nuwe lewe daarin.
Vir nog nuutjies en interessanthede besoek www.routlegrange.co.za.
Hierdie motor het op sy oudag vergoed vir sy koolstofvoetspoor deur groen te gaan!
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'