TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Slungel (slun-gel) s.nw., slungels. Manspersoon wat besonder lank, maer en onbeholpe of ongemaklik is, en wat dikw. slordig en onversorg lyk: 'n Slap slungel van 'n man het kom oopmaak toe ek klop: die ene tandeloosheid en hare (A.P. Brink: Parys – Parys, 1969, 157). 'n Bleek slungel van 'n verkoopsventjie keer hom (Thomas) voor … en plak … 'n modieuse lapding op die toonbank neer (J. Rabie: Ark, 1977, 43).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’