Gallery
GEORGE NUUS - 'n Besoek van Working on Fire (WoF) en die brandweer het die graad 1's van Dellvillepark Primêr op Vrydag 16 September laat kraai van plesier.
Die kleuters het mooi opgelet hoe personeel van WoF twee inheemse bome geplant het ter viering van September as Boomplantmaand.
Toe 'n paar van die kleuters daarna kans gegee is om die boompies water te gee met behulp van 'n brandslang, het dit vir groot pret gesorg.
Die besoekers is met 'n prettige rympie deur die kinders verras om dankie te sê vir die bome.
FOTOGALERY: Besoek deur Working on Fire by Dellvillepark Primêr
Skoolhoof Robert Grootboom het gesê die bome is op die graad 1's se speelterrein geplant omdat hulle nog sewe jaar se skoolgaan by die skool het waartydens hulle kan leer om eienaarskap te neem vir die versorging daarvan.
Die spuitery met die brandslang het vir baie pret gesorg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'