GEORGE NUUS - Die DA maak die naweek sy burgemeesterskandidate vir dorpe in die oosstreek bekend.
Daar is egter nie duidelikheid oor wanneer die DA 'n aankondiging oor sy burgemeesterskandidaat vir George gaan maak nie.
Die afgelope paar dae is daar gevra waarom George se naam nie op die aankondigingslys verskyn nie. Daar is betroubaar verneem dat die proses nog nie afgehandel is nie. Blykbaar het die dienende burgemeester, Leon van Wyk, ook weer aansoek gedoen om die DA-vaandel te dra.
Die DA het vandeesweek aangedui dat hy môre, Saterdag 28 Augustus, sy burgemeesterskandidate sal aankondig vir Mosselbaai, Oudtshoorn, Knysna, Bitou, Hessequa, Kannaland en die Garden Route-distriksmunisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'