GEORGE NUUS - ‘n Groot groep munisipale werkers van verskeie afdelings is op pad na die munisipale hoofgebou in Yorkstraat.
Dit volg nadat hulle versoek om gelde van die Covid-19-verligtingsfonds glo op dowe ore geval het.
Volgens Enrico Stalmeester, een van die betogers, moes hulle uitbetalings ontvang het.
Die groep het teen 09:30 vanoggend by die brug in Nelson Mandelarylaan (Ou Albertstraat) gevorder. Hulle is sterk op pad na George-munisipaliteit.
Terugvoer van die munisipale woordvoerder word afgewag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'