GEORGE NUUS - Koorsang is diep gewortel in Suid-Afrika se kultuurerfenis en dien as 'n belangrike brug tussen verskillende gemeenskappe. As deel van die Tygerberg Internasionale Eisteddfod se inisiatief, word 'n gratis, voldag koorwerksessie op Saterdag 20 September by Hoërskool Outeniqua in George aangebied.
Hierdie sessie, moontlik gemaak deur ruim borgskap van die Millennium Trust, word aangebied deur die wêreldbekende koorleier, dr. Martin Berger, tans hoof van koorleiding aan die Universiteit van Stellenbosch.
Berger reis jaarliks internasionaal om soortgelyke sessies aan te bied, en plaaslike dirigente en koorliefhebbers kry nou die geleentheid om eerstehands by hom te leer.
Die sessie vind plaas vanaf 09:00 tot 17:00 en sluit teorie in die oggend in, gevolg deur praktiese toepassing waar deelnemers hul vaardighede as dirigente kan slyp.
Ná middagete sal Berger saam met 'n koor werk en verskeie tegnieke prakties demonstreer.
Registrasies open op 13 Augustus.
Navrae kan gerig word aan Francois Lubbe by 082 773 9948.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’