Die meer as 100 kleingoed is bederf met ‘n worsbroodjie, sap en natuurlik ... die heel opwindendste: geskenke.
Una Breedt, organiseerder van die partytjie, sê dit was aangrypend om die vreugde en verwondering op die gesiggies te aanskou.
Vanjaar is die werkers van LIFE ook verras met oormaaksessies deur ‘n professionele grimeerkunstenaar van Kaapstad en luukse handversorgings.
"Hulle gee graag, en met vreugde, maar is selde aan die ontvangkant en het dit terdeë geniet," sê Una.
Die foto’s hierby is geneem deur Lynette Neethling.
Wat op aarde kan onder dié rooi papier wegkruip?
Vol magies en warm harte.