GEORGE NUUS - Die Community Work Programme (CWP) het hulle barmhartigheid weereens in dade omskep deur baadjies en T-hemde aan gestremde kinders by die Optima Sentrum in George te skenk - nét betyds vir die koue wintermaande.
Die glimlagte op die kinders se gesigte het alles gesê toe die CWP-span hul skenkings oorhandig het.
Optima Sentrum is dankbaar vir hierdie gul en tydige gebaar wat nie net liggame nie, maar ook harte warm hou.
Anceleen Terblanche, CWP-toesighouer, het ’n warm baadjie aan Remona Koen (11) oorhandig.
CWP-werknemer Charlene Campher het ’n geskenk aan Mishokulele Cetani (9) gegee.
Caroline Grootboom (CWP) oorhandig 'n T-hemp aan René Koen (11).‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’