GEORGE NEWS AND VIDEO - Die Solid Rock Foundation Kerk in New Dawn Park het vanoggend, 9 Augustus, 'n heerlike, inspirerende geleentheid vir vroue aangebied om Vrouedag te vier.
Gaste het deelgeneem aan lofprysing en tussendeur was daar inspirerende en bemoedigende boodskappe deur verskeie vroue en gelukstrekkings met lekker pryse.
Harte is verryk en die organiseerders se spesiale aandag aan die vrolike dekor het bygedra tot die gesellige samesyn wat lank onthou sal word.
VIDEO - Karen Pieterse, 'n onderwyser van Pacaltsdorp Sekondêre Skool, het vertel hoe die Here haar inspireer om te skryf. Sy het reeds twee digbundels gepubliseer en is besig met 'n derde een:
Vroue neem deel aan die lofprysing. Foto's: Alida de Beer
Davidene Benson (regs), een van die gelukkige pryswenners, ontvang haar prys van Martha August, leier van die Solid Rock Foundation Kerk. Links is Bridgette Dietricks, organiseerder en aanbieder van die vroueoggend.
Mable James (regs) het 'n prys geborg deur Beulah gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’