GEORGE NUUS - Die jaarlikse Vrouedag van Dames Aktueel is 'n groot hoogtepunt op George se vermaakkalender en vir baie vroue dié uitstappie van die jaar.
Die bestuur van Dames Aktueel stel telkens 'n program saam wat vroue van heinde en verre jaar na jaar laat terugkeer.
By vanjaar se geleentheid op Saterdag 15 September was 'n rits van die land se voorste bekendes weer op die verhoog vir 'n briljante aanbieding.
RSG-omroeper Johan Rademan, musikant Christo Snyman (van Die Broers), wynmaker Beyers Truter, musikant en TV-aanbieder Pedro Kruger en motiveringspreker Yolande Korkie wat 'n gyselaarsbeproewing in Jemen oorleef het, het gesorg vir 'n onverbeterlike kuier saam met 550 vroue in die konferensiesaal van Eden-gemeente.
Hoërskool Outeniqua se begaafde jazzband met Kerwin Albertus as solis het ook opgetree.
Johan Rademan (links), Christo Snyman en Beyers Truter (regs) het die vroue op 'n musikale woordreis weggevoer met 'n heerlike wynproe as bonus. By hulle is Dames Aktueel se voorsitter, Magdaleen Smook.
Pedro Kruger het 'n 'Klavierkuier' met homself gehou en sy eie verhaal met die gehoor gedeel. Hy het met tye die vroue laat skater. Kruger was ook die seremoniemeester.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'