GEORGE NUUS - 'n 56-jarige vrou van Port Elizabeth veg vir haar lewe in die Mediclinic George ná sy Woensdag ernstige beserings tydens gewelddadige protesaksie op die N2 in Plettenbergbaai, opgedoen het.
Haydee de Doncker en haar man was op pad huis toe van hul vakansie in Gouritsmond, toe 'n baksteen haar teen die kop getref het. Sy het aan die passasierskant gesit.
Volgens haar dogter, Erin Burns, het De Doncker beenbreuke aan haar gesig, asook ernstige kopbeserings opgedoen.
Burns het vroeër vanaand aand die George Herald gesê hulle kan nie verstaan hoekom geweld altyd die antwoord moet wees wanneer mense nie kan kry wat hulle wil hê nie.
"Hulle betoog vir dienslewering, behuising en wat nog en dan moet onskuldige mense daaronder ly. Wat het hulle bereik?"
Lees 'n verwante artikel: Municipal update on Plett situation
Haydee de Doncker veg vir haar lewe in die Mediclinic George.
Die baksteen het De Doncker, wat aan die passasierskant van die voertuig gesit het, teen haar kop getref.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'