GEORGE NUUSFLITS - 'n 23-jarige vrou is vanoggend, Saterdag 12 Mei, in hegtenis geneem na 'n moord in Golden Valley, Blanco.
Die verdagte en 'n 34-jarige man het na bewering baklei waarna sy hom met 'n mes in die nek gesteek het.
Die voorval het omstreeks 05:00 by 'n huis in Robynsingel plaasgevind.
Die slagoffer het aan sy wonde beswyk en die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.
Sy sal Maandag in die George-landdroshof verskyn.
Lees meer in volgende Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'