Die geleentheid is georganiseer deur die George-biblioteek en Woensdag by die George-museum gehou ter viering van Hardopleesdag. Norma Auty het uit die skryfster Valerie Winstanley se Song from my Soul II voorgelees.
George-skrywer en motiveringspreker Nic Olvani oftewel Nicol van Niekerk, het meer vertel oor sy motiveringsboek Vibrant Life! en die bestuurder van George-biblioteke, Rachel Williams, het 'n praatjie gegee oor die rol wat biblioteke in die moderne samele-wing speel.
Tannie Joeye, 'n voormalige onderburgemeester, het met groot styl (en drama) voor-gelees uit haar nuwe boek Dans van die nag-uil. Die geleentheid is ook bygewoon deur Oscar Morris, 'n fasiliteerder vir gemeen-skapswerkverskaffing en die George-bib-lioteek bestuurder, Kippie van Straaten.
Biblioteekweek word vanjaar 15-21 Maart gevier.

Die digter Joeye van Heerden (regs) het gedurende 'n byeenkoms van Vriende van die George-biblioteek 'n voorlesing gedoen uit haar boek Dans van die Naguil. By haar is Yvonne Kemp (links) en die Kinderbiblioteekaresse, Garelene Muller.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'