GEORGE NUUS - 'n Voetganger is omstreeks 19:00 vanaand op die N2, tussen Pacaltsdorp en Thembalethu, doodgery.
Die vrou is nog nie geïdentifiseer nie.
Sy het in die rigting van die Garden Route Mall gestap.
Volgens Kol. AB Kriga van Conville-polisie, wou die slagoffer die pad kruis en is sy in die proses raakgery.
'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'