GEORGE NUUS - 'n Voetganger het vroeër vanoggend (Maandag 31 Mei) matige beserings opgedoen toe sy by die verkeersligte op die hoek van York- en CJ Langehovenstraat omgery is.
Volgens onbevestigde inligting was die vrou besig om die pad oor te steek toe 'n voertuig wat na bewering 'n rooi verkeerslig verontagsaam het, haar tref.
ER24-paramedici het haar na die Mediclinic George vervoer waar sy vir 'n nekbesering en 'n armfraktuur behandel word.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'