GEORGE NUUS - Daar was die afgelope week 'n slagting soos min by die NG kerk, Blanco-gemeente soos vrywillige gemeentelede die lang messe uitgeruk en gereed gemaak het vir die vleismark.
Die gewilde jaarlikse vleismark is die laaste keer voor die Covid-inperking aangebied en word Saterdag weer hervat in die 4 Brothers Aartappelstoor buite Blanco.
Die afgelope week het geesdriftige gemeentelede skouer aan skouer gestaan om 25 beeste, 20 lammers, 6 varke en 400 kg wildsvleis te verwerk en vakuum te verpak.
'n Berg boerewors word ook gestop wat elke jaar groot aftrek kry.
Behalwe die vleis is daar ook pannekoek, koffie, tee en boereworsrolle wat gekoop kan word om die sosiale samesyn op te kikker.
Die vleismark open om 09:00 en daar na verwagting weer kopers van oor opdaag om die mandjies vol te pak.
Die lang tafels kraak onder die gewig van die berge vleis.
Drie Bolle, 'n Skotsman en een 4 Brother. Ds. Ferdi Boll van Blanco (links saam met sy vader en oupa (al drie Ferdinands), die Skotsman en blokman Arthur Squaire en Johan van Greunen, voorsitter van die gemeenteraad tydens die vleisverwerking.
Vrywilligers staan skouer aan skouer om die tonne vleis te bewerk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'