GEORGE NUUS - Danksy die vinnige optrede van brandbestryders is 'n groot ramp gister by Hansmoeskraal gekeer.
Veld op 'n plaas het gebrand.
Spanne van die George-munisipaliteit, bygestaan deur spanne van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, het gehelp.
Lugsteun, waaronder 'n vliegtuig en 'n helikopter van Working on Fire, is ook gebruik.
Neels Barnard, hoof van George-brandweer, het gesê die brand het vroeg die middag ontstaan. Teen 17:00 was dit onder beheer. Daar was geen lewensverlies en niemand is beseer. Die oorsaak is nog onbekend.
Christo Theron van First Care Wildfire Support het bevestig dat die organisasie ook gehelp het.
Volgens hom het die wind 'n groot rol gespeel dat die brand vinnig versprei het. Die lugsteun het egter 'n rol gespeel om dit vinnig onder beheer te bring. "Ons is dankbaar dat lugsteun so vinnig beskikbaar gestel is."
Op sosiale media het inwoners groot lof gehad vir die vinnige optrede van die brandbestrydingspanne.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'