"Ons hou van die ordelikheid. Toe braai nog toelaatbaar was, het ons net eenvoudig besluit om nie meer hier te kom nie. Dit was net te erg, die plek was besaai met bene, stukkende bottels en die gedrag van dronkes was net onaanvaarbaar." Só het Emsie de Lange en Dinki Taljaardt dit gestel. Henry en Sheila Hoffman se mening was: "Ons is nie teen braai per se gekant nie, maar voel dat braaiery slegs toegelaat kan word onder streng toesig van wetstoepassers."
In verlede week se George Herald het Victoriabaai-inwoners by monde van Iain Campbell, voorsitter van die Victoriabaai-belastingbetalers, gesê dat skares in die seisoen handuit ruk omdat braai ongelukkig altyd hand aan hand gaan met alkoholmisbruik. Inwoners voel bitter oor die wangedrag waaraan hulle en hul gaste blootgestel was gedurende die aantal jare wat die maak van vure nie verbode was nie. Toe die sakkerollers toe boonop begin toeslaan het, het dit gevoel asof hulle aan die wolve oorgelewer was.
Romantiese Vrydagaand
Martie Pretorius het weer ‘n ander kant van die saak gestel. Sy is ten gunste van ‘n romantiese Vrydagaandjie met vriende om die braaivuur by Victoriabaai. "Ai dit was darem tog te lekker. Wat ‘n voorreg vir ons om reg op die strand ‘n ou vleisie op die kole te kon braai."
Alkoholverbod
Burgemeester Mercia Draghoender het daarop gewys dat die huidige alkoholverbod in plek sal bly en dat wetstoepassers ‘n permanente teenwoordigheid sou kon handhaaf indien nodig.
Nog ‘n aspek wat in aanmerking geneem behoort te word, is dat die piekniek-area maar ‘n skrale 2800m² beslaan. Dus is daar gewoonweg nie voldoende plek vir busse vol mense wat met kratte vol proviand arriveer om te braai nie.
Lewensredder sê nee
Die woorde van een van die lewensredders bly egter die meeste in my kop vassteek: "Wanneer die ouers paraletic dronk op die strand lê, te pap om te weet waar hulle is, moet ons hulle kleintjies hier oppas en sorg dat hulle nie verdrink nie. Ons het ons hande vol.
Mense kom meld gedurig alle wetstoepassingsaangeleenthede by ons aan. Ons moet pa staan as die mense op skerp bene trap en draf om die mense te help. Nee wat, dit was glad nie ‘n plesier nie. Ons eintlike plig is om mense te red as hulle verdrink, nie al die ander dinge waarmee ons te kampe kry nie."
A referendum taken on 15 December 1997 at Vic Bay clearly indicated, by 94% against fires and 6% for, that open fires and alcohol were not a smart idea. Act. 27 of 1989, Art. 154 [1] [d] prohibits all open fires and the use of alcohol at Vic Bay. This is about trying to please so few and disrupt so many."
Artikel en foto's: Pauline Lourens
Lees verlede week se artikel hier: http://www.georgeherald.com/news.aspx?id=1192
.jpg)
Onderwyser Emsie de Lange (links) sê sy hou van Vicbaai se rustigheid en steun nie die opheffing van die verbod op braaivleisvure nie. Haar vriendin Tersia Conradie voel dat dit tans ‘n plesier is om die kinders vir ‘n bietjie ontspanning en ‘n ete by die Victoriabaai-kiosk te bring.