Update
GEORGE NUUS - "Ek en my sussie was ontsettend na aan mekaar. Dit is 'n groot skok, want ek was só opgewonde om haar te sien.
"My verjaarsdag sal nooit weer dieselfde wees nie." So verwoord Constance Madelay haar groot hartseer nadat haar ouer suster, Sonita Lawrence (46) die naweek naby Jeffreysbaai verongeluk het.
Die ongeluk het Vrydagaand, 9 Maart op die N2 plaasgevind.
Lawrence, 'n Mediclinic-verpleegster van George, en drie vriende was onderweg na haar Madelay in Port Elizabeth vir Madelay se verjaarsdag.
Volgens die Humansdorpse gebiedswoordvoerder, sersant Majola Nkohli, was Lawrence 'n passasier in 'n silwer Peugeot.
'n Tweede voertuig, 'n Nissan-bakkie met 'n sleepwa, wat ook na Port Elizabeth op pad was, het blykbaar weens 'n papwiel langs die pad gestop.
"Die bestuurder van die Peugeot moes skielik uitswaai om 'n botsing met die bakkie te vermy. Hy het beheer oor die voertuig verloor waarna dit gerol het."
Lawrence is uit die motor geslinger. Sy is op die toneel dood verklaar.
Twee ander beseerde passasiers en die bestuurder van die motor is na 'n hospitaal in Humansdorp geneem. 'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Lawrence laat haar ma, haar twee dogters, haar seun, drie broers en drie susters agter.
Die roudiens begin Saterdagoggend om 10:00 by Lawrence se huis in Bos en Dal en sal voortgaan in die Pacaltsdorp-gemeenskapsaal.
Mediclinic betoon medelye
Lawrence was die afgelope 23 jaar deel van Mediclinic en het die laaste paar jaar in die chirurgiese afdeling by die Mediclinic Geneva gewerk.
"Dit is met groot hartseer dat ons verneem van die skielike heengaan van Sonita. Sy sal vir haar pittige sêgoed, lag en algemene positiewe uitkyk op die lewe onthou word.
"Ons opregte meegevoel aan haar familie, vriende en kollegas. Mag hulle troos en krag vind tydens hierdie moeilike tyd. Sy sal gemis word," het hospitaalbestuurder, Kassie Karstens, aan die George Herald gesê.
*The woman from George who died when the vehicle she was travelling in overturned on the N2 near Jeffrey's Bay last Friday evening was Sonita Lawrence (46). She was a nurse at Mediclinic George. Two other injured passengers and the driver of the car were taken to a hospital in Humansdorp. A case of culpable homicide is being investigated.
Lees 'n vorige artikel: Mediclinic nurse dies tragically in car accident
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'