TUINROETE NUUS - ‘n Inwoner van Hartenbos, Rassie Erasmus (78) is vanoggend gevind nadat hy op Saterdag, 22 Julie vermis geraak het.
Erasmus het Saterdag na Namibië vertrek om by sy kinders te gaan kuier. ‘n Verkeersbeampte het Erasmus egter gestop en hom gevra om terug te draai na Hartenbos omdat sy bakkie se lisensie verval het.
Verkeersbeamptes het aan Erasmus gesê dat hy nie na Namibië sal kan ry met die lisensie nie en het hom teruggeneem na die Oudtshoorn pad sodat hy kon terugkeer huistoe.
‘n Familielid van Erasmus, Aletta van der Vyver sê ‘n boer in die omgewing het aan die familie vertel dat Erasmus by sy plaas vir petrol gevra het, maar dat daar slegs diesel op die plaas was. Erasmus het ongeveer 30km verder gery waarna sy verlate bakkie vanoggend gevind is.
Polisiebeamptes het met honde na Erasmus begin soek en hy is ongeveer 11:00 in die gebied opgespoor.
“Hy is net koud maar ons is dankbaar dat hy leef en bedank almal vir hulle ondersteuning," het die familielid gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'