Update
GEORGE NUUS - Twee voetgangers is hierdie week deur vragmotors doodgery. Saterdagoggend, 7 Desember omstreeks 01:35, is 'n vermeende dief (28) in Conville dood toe 'n vragmotor oor hom gery het.
Volgens Conville-polisie se stasiebevel-voerder, kol. AB Kriga het 'n ooggetuie gesien hoe die man op die vragmotor spring in 'n poging om goedere agterop te buit waarna hy glo gely en afgeval het.
"Die man het onder die vragmotor beland en is op die toneel dood verklaar. Niemand is nog in hegtenis geneem nie," sê Kriga.
Die voorval het in Buitekantstraat, naby die On the Rock-kerk en die saagmeule, plaasgevind.
In 'n afsonderlike voorval op Donderdag 5 Desember, is 'n man op die N2 naby die Thembalethu-voetbrug deur 'n vragmotor getref toe hy voor die vragmotor ingeloop het.
Die vragmotor het slegs oor die man se bene gery en hy is met ernstige beenbreuke deur ER24-paramedici na die hospitaal geneem waar hy tans aansterk.
Lees 'n vorige artikel: Vragmotor tref voetganger op N2
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'