GEORGE NUUS - 'n Vermeende inbreker (39), het homself Dinsdagaand vasgeloop toe hy in Hoërskool Parkdene se dak gevind is.
Volgens Conville-polisie is die verdagte omstreeks 02:00 Dinsdagoggend, 30 November, deur sekerheidswagte opgespoor toe hulle gegaan het om die gebou se ligte af te skakel en iets in die dak gehoor het.
Die polisie is ontbied en die verdagte is in hegtenis geneem.
Hy is geskeduleer om vandag, Donderdag 2 Desember, in die George-landdroshof te verskyn op aanklag van huisbraak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'