Update
GROOTBRAKRIVIER NUUSFLITS - Die man wat van die dubbele-moord op ‘n egpaar van Groot-Brakrivier verdink word, die 26-jarige Tamsanqa Sishuba, sal vandag sy getuienis in die Mosselbaai Hooggeregshof lewer.
Sishuba is gearresteer nadat die 72-jarige Tewie en 62-jarige Eurika Human in Junie verlede jaar met ‘n panga aangeval is. Sishuba pleit onskuldig op die aanklagte teen hom.
Die ondersoekbeampte in die saak, adjudant offisier Gerald Rabie het gister getuig dat hy Sishuba gearresteer het, nadat vingerafdrukke Sishuba met die moordtoneel in die egpaar se motorhuis verbind het.
Tewie is sewe keer met ‘n panga aangeval en is in die motorhuis gevind.
Eurika is met ‘n mes in die nek en hart gesteek en is in die egpaar se slaapkamer gevind.
Rabie het dit aan die hof voorgehou, dat Sishuba aan hom erken het, dat hy nie die moord wou rapporteer nie, omdat hy bang is vir die ander verdagte in die saak, Lebohang Lekoro.
Lekoro word as die meesterbrein agter die dubbele moord beskou en het na Lesotho gevlug.
Hy is steeds op vrye voet.
Hoewel Sishuba in sy pleitverduideliking aan die hof erken het dat hy op Lekoro se aandrang vir Tewie een keer met ‘n panga geslaan het, het Rabie getuig dat Sishuba dit nooit tydens sy arrestasie vir hom gesê het nie.
Klik hier vir vorige artikels:
•
Eurika Human vermoedelik dadelik dood
• Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
• Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
• Groot-brak dubbele moord: familie by hof
• Dubbele moord: verdagte vandag in hof
• Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
• Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
• Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
• Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
• Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
• Opvolg: Verdagte vir Groot-Brak gru-moord
• Man vir Groot-Brak gru-moorde gearresteer
• Groot Brak gru-moorde: Roudiens Dinsdag
• Groot Brak gru-moorde: Honde bly agter
• Groot Brak gru-moorde: Skoonseun praat
• Groot Brak gru-moord: Ondersoek duur voort
• Opvolg: Groot Brak gru-moord
• Opvolg: Groot Brak-egpaar wreed vermoor
• Groot-Brakrivier-egpaar wreed vermoor
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'