GEORGE NUUS - 'n Hond van Maraiskamp, wat sowat 70% brandwonde aan sy lyf opgedoen het, is Dinsdag 3 Mei deur die Tuinroete DBV verdere lyding gespaar.
Volgens die DBV se seniorinspekteur, Salome Bruyns, was een van hulle beamptes in Maraiskamp om gesteriliseerde diere af te laai toe die eienaar die beampte voorkeer en van sy hond vertel.
"Dis vir my skokkend dat die eienaar nie die voorval ingebel het nie, as ons nie toevallig in die gebied was nie, sou die hond seker nou nog daar gelê het," sê Bruyns.
Die beampte het die hond, wat vermoedelik met kookwater gebrand is, na die DBV se kliniek geneem, maar weens die aard van sy beserings, is hy uitgesit.
"Asof dit nie erg genoeg was nie, was die arme hond nog uitgehonger en vreeslik maer," vertel Bruyns.
Die hond se eienaar het aan die DBV gesê dat die hond gesteel was en hy het hom so teruggekry.
"Ons is besig om die saak verder te ondersoek en gaan beslis ‘n saak van dieremishandeling aanhangig maak," sê Bruyns.
George Herald is in besit van grafiese foto's van die hond. Dit is egter nie geskik vir plasing nie.
IN SHORT
A dog from Maraiskamp that sustained about 70% burn wounds to its body was spared further suffering by the Garden Route SPCA on Tuesday 3 May. SPCA senior inspector, Salome Bruyns, says a staff member was in Maraiskamp delivering sterilised animals to their owners when the owner of the dog told the staff member about his injured dog. It is believed the dog was burned with boiling water. He was taken to the SPCA's clinic and euthanised due to the severity of the injuries. The owner told the SPCA that the dog was stolen and returned home with the burns. The SPCA is investigating.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'