GEORGE NUUS - ‘n Veldbrand wat vroeër vanmiddag in George Industria, Binnekantstraat, uitgebreek het, is tans onder beheer.
Volgens Debra Sauer, mediaskakelbeampte van George-munisipaliteit, het die brand omstreeks 16:00 uitgebreek.
“George-brandweer was op die toneel. Van die gras het begin brand, maar die oorsaak van die brand is onbekend. Een van die munisipale voertuie is steeds op die toneel,” het Sauer gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'