GEORGE NUUS - Valere Hahn, 'n inwoner van Genevafontein-aftreeoord, het Woensdag 8 Junie haar honderdste verjaarsdag saam met familie en vriende gevier.
Valere is in Uniondale gebore en het daar gematrikuleer, waarna sy haarself as onderwyseres bekwaam het.
In 1945 is sy getroud met Ulrich Hahn en in 1946 trek hulle na George, waar Ulrich onderwyser by Hoërskool Outeniqua was.
Hulle het drie kinders, Johann, Wilhelm en Rosanne. Later het hulle na die Kaapstad-omgewing verhuis waar Valere by verskillende skole onderwys gegee het.
Ulrich is in 1973 oorlede.
In 2001 het Valere George toe getrek, waar Rosanne en haar familie woon. Sy het aanvanklik in Dormehlsdrift gewoon.
Valere Hahn op haar 100ste verjaarsdag, Woensdag 8 Junie. By haar is haar kleindogter, Elizabeth de Kock.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'