Update
GEORGE NUUS - Twee jongmans van Pacaltsdorp, Isaac-Lee Ismail (21) en sy vriend en buurman, Andy Stoffels (25), het Saterdag 5 November vanaf Seemeeustraat vermis geraak. Hul ouers het hulle reeds as vermis by die plaaslike polisie aangemeld.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, lt.kol. Malcolm Pojie het die voorval bevestig en gesê dit volg op gerugte van die families dat die twee sowat 'n week gelede in die teenwoordigheid van 'n vrou van Thembalethu gesien is en hulself dalk in Thembalethu of Glentana bevind.
Hierdie bewerings is sonder enige sukses deur die ondersoekbeampte opgevolg.
'n Foto van Stoffels kon ongelukkig nie verkry word nie. Geen van sy familie het 'n bruikbare foto van hom in hulle besit nie.
Volgens sy ma het hy 'n swart langbroek, 'n rooi en grys Nike-kappietop, swart plakkies en swart sokkies aangehad toe sy hom die laaste keer gesien het.
Enigeen met inligting word gevra om die ondersoekbeampte, ao. Josh Rondganger by Pacaltsdorp-polisie by 044 803 9130 te skakel, of om Stop Misdaad by 0800 10111 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'