Update
GEORGE NUUS - ‘n Troosdiens word môre, Woensdag 2 Desember, vir Jaco Bredenkamp (44) by die Fundamentele Evangeliese Gemeente, Eerstestraat 26A in George-Oos gehou.
Bredenkamp is Saterdagmiddag, 28 November, oorlede ná hy glo beheer oor sy motorfiets op die Kaaimanspas verloor het.
Die vermoede bestaan dat sy motorfiets se voorwiel op die wit streep gegly het. Kort na die ongeluk is al vier bane van die pas gesluit en verkeer is na die Sewe Passe-pad herlei. Bredenkamp is op die toneel deur ER24-paramedici dood verklaar.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, moet die presiese oorsaak van Bredenkamp se ongeluk nog bepaal word.
"Voorlopige inligting dui daarop dat die slagoffer vanaf Wilderness na George gery het ten tyde van die ongeluk. Hy het op die toneel weens veelvuldige beserings beswyk," sê Spies.
Lees meer in Donderdag se George Herald en aanlyn.
Vorige arikel: Biker dies in Kaaimans accident
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'