GEORGE NUUS - George-speurders doen 'n beroep op die gemeenskap van Touwsranten / Hoekwil om inligting te verskaf ná 'n man se liggaam vroeg Sondagoggend, 6 Desember, langs die Hoekwil-pad gevind is.
Paramedici, wat na 'n ander voorval onderweg was, het op die man in sy 50's se liggaam afgekom waar hy met sy gesig in die grond gelê het.
Die vermoede bestaan dat die oorledene die slagoffer van 'n tref-en-trap was.
Enigeen met inligting rakende die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Carolus by die George-speurtak by 044 803 4734/4715 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'