GEORGE NUUS - Die historiese tolhuis in die Montagupas is vir die volgende twee weke net oop vir Camino Pelgrimstappers. Kort voor die begin van die skoolvakansie sal inligting bekendgemaak word wanneer dit weer oop sal wees vir die algemene publiek. Die tolhuis is sedert die tweede deel van Januarie net oop op Saterdae en Sondae.
Vrae oor die toekoms van die tolhuis het in Desember ontstaan en daar is selfs gespekuleer dat dit kan sluit.
Die gebou is meer as 170 jaar oud. Die tydelike sluiting van die Montagupas is as een van die groot redes aangevoer waarom besoekersgetalle verlede jaar gedaal het.
Anneke Oosthuysen, van die Vriende van die Tolhuis het Donderdag 7 Maart gesê die rede vir die nuutste verwikkeling is omdat daar verskuiwings en aanpassings op die oomblik by die tolhuis plaasvind.
Volgens haar is die pad in die Montagupas in ‘n goeie toestand. “Ons is opgewonde en dankbaar omdat daar klaarblyklik gewerk word aan die pad tot by die rivier.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’