Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Wes-Kaapse premier Alan Winde, en lede van sy kabinet, is vandag in George vir die afskop van Toerismemaand.
In Winde se afvaardiging is onder meer Mireille Wenger, Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede.
Tydens die besoek vanoggend is gewys op die belangrike bydrae van toerisme in die ekonomie en ook as werkskepper.
Winde en sy span het vanoggend onder meer 'n draai gemaak by die Redberry Farm. Saam met Winde was ook Leon van Wyk, George se burgemeester en dr. Michelle Gratz, George se munisipale bestuurder.
Winde het tydens sy besoek aan die aarbeiplaas die geleentheid benut om op te klim in die wêreld se "grootste aarbei". Heel bo op die aarbei het hy met George Herald gepraat.
VIDEO: Alan Winde en kabinet by Redberry Farm
Alan Winde,Wes-Kaapse premier by die uitkykpunt van die "aarbei".
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'