GEORGE NUUSFLITS - Die paaie in die George-omgewing was vanjaar oor die feestyd meer bedrywig as gewoonlik.
Dronkbestuur is egter steeds een van die groot euwels.
Só het hoofverkeersbeampte, Quinton Williams, van die provinsiale verkeersdepartement gesê in gesprek oor die verkeersituasie in Desember verlede jaar.
"Ons gee aandag aan dronkbestuur, maar die getalle lyk nie goed nie," het Williams gesê. "Oor Desember was daar beslis 'n toename."
Williams is vol lof vir die algemene gedrag van motoriste. "Mense was verdraagsaam en het interaksie met beamptes waardeer. Die verkeersman moet met die motoris in gesprek tree."
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutse George, Tuinroete nuus'