Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Herlewing van toeka se tyd met pannekoek en koffie was besoekers aan die ou tolhuis hierdie Erfenisdag te wagte. Lede van die Suid-Kaap Oumotorklub en hul pragstukke het suutjies die stowwerige Montagupas aangedurf om in die dag se plesier te deel.
Besoekers kon die oomblik meeleef en sommige was uitgevat met tabberds en kuile van 'n vervloë era.
Vriende van die Tolhuis, Gerda Stols en Anneke Oosthuysen, was byderhand om staaltjies van dié historiese baken se diep verlede te deel. Daar is foto's geneem en geskerts by 'n ou transportwa wat destyds by die Voortrekkermonument gestaan het.
Die wa is aan die Vriende van die Tolhuis deur die FAK (die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge) geskenk.
Diegene wat nog nie die tolhuis besoek het nie, kan op 'n Saterdagoggend tussen 09:00 en 12:00 gaan inloer.
Kyk 'n video hieronder.
'n Paar lede van die Suid-Kaap Oumotorklub het die tolhuis Maandag op Erfenisdag besoek. Foto: Daleen Engelbrecht
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'